Jhb-brand: Parlement stel oorsigkomitee aan

Die Nasionale Vergadering sal oorsigkomitees ontplooi om toesig te hou oor die onmiddellike en langtermyn-pogings in reaksie op verlede week se dodelike brand in Johannesburg. ‘n Gekaapte vyfverdiepinggebou in Marshalltown het Donderdag in die vroeë oggendure afgebrand. Sewe-en-sewentig mense is dood en meer as 50 ander is beseer terwyl meer as 200 mense dakloos gelaat is. Die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sê parlementslede sal ook die toestand en veiligheidsregulasies van privaat en regeringsgeboue ondersoek: