Uvalde distriksprokureur ‘smeer’ ondersoek na skoolskietery toe

Die burgemeester van Uvalde, Don McLaughlin sê die distriksprokureur probeer fasette van die ondersoek na die dodelike skietery by die Robb-laerskool toesmeer. Die skietery op 24 Mei verlede jaar in Texas het groot reaksie uitgelok omdat owerhede tot ‘n uur geneem het voor hulle kontak met die skieter Salvador Ramos gemaak het. Teen daardie tyd was 19 klein kinders en twee onderwysers dood. Sewentien is beseer. McLaughlin sê hulle het die hof genader en die distriksprokureur was nie eerlik nie.