Wetenskaplike en Iron Man-aanhanger ontwikkel superstof

Wetenskaplikes in die VSA het ‘n materiaal ontwikkel wat glo vyf keer ligter en vier keer sterker is as staal. Een van die kenners, Seok-Woo Lee, is ‘n groot aanhanger van Iron Man-flieks en het altyd gewonder hoe om ‘n ligter pantser vir die hoofkarakter te skep waarmee hy vinniger kan vlieg maar hom steeds teen sy vyande se aanvalle kan beskerm. Hulle het die nuwe materiaal uit DNS geskep en met glas bedek. Dit het die potensiaal om in motors, vliegtuie en selfs mediese toerusting gebruik te word.