Ramaphosa moet dreigende fiskale krisis aanspreek – Winde

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het sy diepe teleurstelling uitgespreek omdat president Cyril Ramaphosa nie die dreigende fiskale krisis, wat Winde ‘n saak van dringendheid noem, op die agenda van die Presidensiële Koördineringsraad geplaas het nie. Die raad vergader vandag in Pretoria. Winde het onlangs aan Ramaphosa geskryf en versoek dat dié saak van nasionale belang die voorrang en dringende aandag kry wat dit verdien: