Voedselsekerheid: Kenner gesels oor hoe om volhoubaar te boer

Voedselsekerheid is die week plaaslik in die nuus met amper 700 000 kwesbare Namibiërs wat volgens die kantoor van die eerste minister, bystand nodig het. Die verval van die land se graslande en weiding, sowel as hoër temperature en swak grond, lei tot verdere kommer oor landbou se uitsette. Navorsing regoor die wêreld toon van volhoubare praktyke nou meer as ooit nodig is om landbou te bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het met Erastus Ngaruka, tegniese adviseur vir vee- en gewasboere by Agribank gesels.