Repokoers beperk kredietverlening, of nie…

Die Namibiese buitelandse valuta-reserwes het in Julie ‘n rekordhoogtepunt van 54,1 miljard Namibiese dollar bereik en volgens Simonis Storm is dit die hoofrede hoekom die Bank van Namibië die repokoers onveranderd gelaat het. Op grond hiervan sê die ontleders dat dit waarskynlik kredietverlening aan besighede vir die res van die jaar redelik stagnant sal hou – omdat die huidige tariewe hoog is. Dit kan ekonomiese groei belemmer. Aan die ander kant, kan die besluit om koerse onveranderd te hou op ‘n stabiele monetêre omgewing dui wat moontlik kredietopname kan opstoot. Die volgende monetêre beleidsvergadering is geskeduleer vir 25 Oktober en daar word verwag dat die sentrale bank die koers weer onveranderd sal hou of met 25 basispunte sal opstoot.