Switserland wil geldwassery bekamp
Switserland het ‘n reeks maatreëls uiteengesit wat volgens hom geldwassery sal bekamp en deursigtigheid in sy reuse-finansiële sektor verhoog. Dit sluit in ‘n register van mense wat eindelik voordeel sal trek uit trusts en maatskappye. Switserland is die enigste land wat nie so ‘n register het nie. Die maatreëls sluit in dat dié register aangewend word om skuiwergate toe te stop. Die Switserse regering wil ook ‘n oog kan hou op die werksaamhede van rykes se regsverteenwoordigers.