Vleisraad vat uiteindelik pluimvee, suiwel oor, stap word verwelkom
Reaksie word ontvang op die goeie nuus dat die Vleisraadwet van 1981 gewysig is om die pluimvee- en suiwelbedrywe in te sluit. Dit is terugwerkend vanaf 22 Augustus van krag en dui op ‘n strategiese skuif na verbeterde regulering, volhoubaarheid en selfonderhoud in hierdie belangrike bedrywe. Rene Wentscher, voorsitter van die Pluimvee Produsentevereniging het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.