Djokovic is deur na derde ronde by Flushing Meadows
Die 23-malige Grand Slam-kampioen Novak Djokovic is deur na die derde ronde van die Amerikaanse Ope in New York. Die 36-jarige Serwiër het die Spanjaard, Bernabe Zapata Miralles, met 6-4, 6-1 en 6-1 verpletter in sy poging om ‘n 24ste major-titel te wen. Dominic Stricker van Switserland het die wêreld se nommer sewe, Stefanos Tsitsipas van Griekeland met 7-5, 6-7, 6-7, 7-6 en 6-3 uitgeskakel om sy eerste oorwinning oor ‘n top-tien-speler te behaal. Die 21-jarige Stricker wat sy debuut in New York gemaak het, sê hierdie oorwinning gee hom meer selfvertroue:
Die Amerikaner Frances Tiafoe en Adrian Mannarino van Frankryk het ook oorwinnings behaal terwyl Dominic Thiem van Oostenryk weens siekte aan sy wedstryd moes onttrek.