Soen-herrie in Spanje duur voort
Die ma van die president van Spanje se beheerliggaam, Luis Rubiales, is op ‘n eetstaking oor die argwaan wat haar seun ontketen het omdat hy ‘n speler op die mond gesoen het nadat die land se vrouespan onlangs die Wêreldbeker gewen het. Rubiales het wye kritiek ontlok, insluitend van die speler, Jenni Hermoso, wat sy bewering ontken sy het daartoe ingestem. Rubiales het geweier om te bedank, maar die wêreldbeheerliggaam, Fifa, het hom die naweek geskors. Sy ma, Angeles Bejar, het haarself in ‘n kerk in Motril toegesluit waar sy haar seun grootgemaak het.