Ugandees, 20, aangekla van verswarende homoseksualiteit

Die eerste Ugandees, ‘n 20-jarige man, is aangekla op ‘n klag van “verswarende homoseksualiteit”, ’n misdryf wat met die dood strafbaar is kragtens die land se onlangs uitgevaardigde anti-gay-wet. Ondanks druk van Westerse regerings en regte-organisasies, het Uganda in Mei een van die wêreld se strengste wette ingestel wat die LGBTQ-gemeenskap teiken. Justine Balya, die prokureur van die beskuldigde, sê hele wet is ongrondwetlik en haar kliënt bly in aanhouding. Volgens Balya is vier ander mense is sedert die inwerkingtreding daarvan ingevolge die wet aangekla en dat haar kliënt die eerste was wat vervolg is vir verswarende homoseksualiteit.