MEFT bevestig Kaza-olifantsensus dié week bekend
Die Kavango-Zambezi-oorgrensbewaringsgebied se belangrike olifant-sensus wat verlede jaar deur die Kaza-lande gedoen is, sal Donderdag in Livingstone in Zambië bekendgestel word. Die Namibiese omgewingsministerie ag die olifant-sensus as baie belangrik vir beter wetenskaplike bestuur van die grootste olifantbevolking in die wêreld. Namibië, Angola, Botswana, Zambië en Zimbabwe is lidlande van Kaza. Kaza se olifant-sensusspan het tot einde Oktober verlede jaar olifante in die Namibiese gebied van Kaza in die noordooste van die land getel. Romeo Muyunda, die woordvoerder van die ministerie, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…