Beide vermiste Walvisbaai-sussies gevind

Twee minderjarige meisies, onderskeidelik agt en tien jaar oud, wat Saterdag in Kuisebmund by Walvisbaai vermis geraak het, is albei gevind. Die omstandighede rondom die saak het die Namibiese polisie verder verstom. Die tienjarige meisie, wat Sondag eerste in die duine agter die Walvisbaai-lughave gevind is, het die klere van haar agt-jarige suster gedra. Die agt-jarige meisie is vanoggend agter die Rooikop Militêre Basis deur soldate gevind. Sy is na die Walvisbaai-staatshospitaal vir ‘n mediese ondersoek geneem. Kosmos 94.1 Nuus het met inspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-polisie gepraat…