Vroue moet sakesektor betree
Die voormalige adjunk-president van Suid-Afrika Phumzile Mlambo-Ngcuka het ‘n beroep gedoen op vroue om versperrings te verbreek in gebiede wat deur mans oorheers word. Syfers toon onder al die maatskappye op die JSE, is net 8 persent van die uitvoerende hoofde en 22 persent van die finansiële bestuurshoofde, vroue. Mlambo-Ngcuka sê geslagstransformasie behoort in die ekonomiese sin versterk te word, met meer vroue wat deelneem terwyl hulle in verskeie sektore betrokke raak, leer en hulle stemme laat hoor: