Behuisingstekorte dryf huispryse op, met 1 258%August 28, 2023

Die makelaarsfirma Simonis Storm het ‘n ontleding van behuising gedoen en volgens sy syfers het gemiddelde huispryse tussen Januarie 1990 en Maart 2023 met 1 258 persent gestyg. Dit impliseer dat gemiddelde huispryse in Namibië tans 13 keer hoër is en daarom kan jongmense nie bekostig eiendom aan te skaf nie. Tussen 1990 en 2000 het gemiddelde huispryse op ‘n jaargrondslag met 8 persent gestyg. Hierdie gemiddelde styging het tot 10 persent tussen 2000 en 2010 en 15 persent tussen 2010 en 2015 gegroei. Sedertdien het gemiddelde huispryse met slegs 2 persent gestyg tot 2023. Die firma sê die stadiger groei in pryse beteken nie dat huispryse normaliseer nie. Die agterstand en tekort aan voldoende behuising is die hoof dryfveer vir die hoë pryse.