EIF en ErongRed werk saam aan sonkragprojek
Die Omgewings-beleggingsfonds van Namibië en ErongoRED gaan Donderdag op Swakopmund ‘n memorandum van verstandhouding vir ‘n sonkrag-projek onderteken. Die doel van die projek is om uitgebreide toegang tot bekostigbare sonkrag- of hernubare energietegnologieë te fasiliteer en geteikende kwesbare gemeenskappe te ondersteun in vennootskap met ErongoRED. Die ‘Towards an Inclusive Design of the Renewable Energy Transition’-projek is ‘n sonkrag-elektrifiseringsveldtog wat in geïdentifiseerde gemeenskappe in die streke van Erongo, Otjozondjupa en Kunene van stapel gestuur sal word. Hulle sal van sonkrag-installasies voorsien word, tesame met instandhouding, mentorskap, kapasiteitsbou en tegniese ontwikkelings-opleiding aan eienaars van klein en medium ondernemings in die streke.