Rugby: Tonga se senter ook in sop oor duikslag
Rugby: Die voormalige All Black-senter, George Moala, sal nie vir Tonga kan uitdraf in die Wêreldbeker-groepwedstryd teen die Springbokke nie, nadat sy appèl teen ‘n skorsing van vyf wedstryde van die hand gewys is. Hy is geskors oor ‘n gevaarlike duikslag in ‘n wedstryd teen Kanada vroeër die maand. Moala, wat van 2015 tot 2016 vier toetse vir Nieu-Seeland gespeel het, sal Tonga se eerste drie Groep B-wedstryde teen Ierland, Skotland en Suid-Afrika misloop, en sal slegs vir die laaste groepswedstryd teen Roemenië beskikbaar wees.