EU: Zim-verkiesing voldoen nie aan standaarde
Die Europese Unie het by die Afrika-Unie en die SAOG se verkiesingswaarnemingsending aangesluit. Hulle sê dat die Zimbabwe-verkiesingskommissie beter kon gevaar het in die land se algemene verkiesings. Die hoof van die Europese Unie-sending, Fabio Castaldo, het by die lewering van hul voorlopige verslag gesê dat die gebrek aan ‘n gelyke speelveld nie ‘n bevorderlike omgewing in die pas afgehandelde verkiesings geskep het nie. Die EU sê dat die verkiesing nie aan plaaslike en interne standaarde voldoen het nie.