Brics-lande ‘n geo-politiese balanseertoertjie

Die GOOD Party sê die uitbreiding van die Brics-lande, Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika, skep in ‘n erg ongelyke wêreld ‘n belangrike teenwig vir die maatskaplike en ekonomiese belange van noordelike lande. Egipte, die Verenigde Arabiese Emirate, Iran, Saoedi-Arabië, Argentinië en Ethiopië word in Januarie volgende jaar volle lede van Brics. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê Brics moet egter meer as ‘n geo-politiese balanseertoertjie wees, omdat lidmaatskap praktiese voordele moet bring.