Trump hou vol hy het niks verkeerd gedoen
Oudpresident Donald Trump van Amerika sê wat met hom gebeur is ‘n bespotting van die reg omdat hy ten volle daarop geregtig is om ‘n verkiesing uit te daag. Hy het hom Donderdag by die Fulton-gevangenis aangemeld op aanklagte van rampokkery en sameswering na sy pogings om die uitslag van die 2020-verkiesing in die staat Georgia om te keer. Trump is aangekla, sy gesigsfoto is geneem en hy is op borgtog van 3,76 miljoen Namibiese dollar vrygelaat. Dit is die eerste keer ooit dat ‘n gesigfoto van ‘n Amerikaanse President geneem is. Trump het onmiddellik ná die administratiewe proses na sy landgoed in New Jersey teruggekeer. Die oudpresident wat nou vier aanklagte in die gesig staar, hou vol hy het niks verkeerd gedoen nie.