Waarskuwing oor protesoptog teen banke

Die National Ownership Association hou vandag ‘n landwye massa-protesoptog hou teen kommersiële banke en die Bank van Namibië. Die voorsitter van die groep, August Maletzky, sê hulle beoog om te betoog teen die beslaglegging van eiendom deur kommersiële banke in Namibië. ‘n Bankamptenaar het ‘n boodskap op sosiale media uitgestuur om die publiek oor die optog te waarsku en gesê sommige bankamptenare werk vandag van die huis af vir hul veiligheid.