Bespiegelinge van bom in wynkrat op Wagner-vliegtuig

’n Voormalige Britse intelligensie-amptenaar meen die Russiese vliegtuig met die Wagner-goepleier Yevgeny Prigozhin aan boord, het waarskynlik weens ’n bom in ’n wynkrat neergestort. Christopher Steele het aan Sky News gesê die dood van die oligarg is eintlik ‘n ironiese einde vir President Vladimir Putin se voormalige spysenier. Prigozhin, wat die leier was van die staatsgefinansierde private militêre maatskappy Wagner, het in Junie sy soldate gelei in ‘n kortstondige opstand teen die Russiese leër. Al tien mense op die vliegtuig is dood toe dit noord van Moskou neergestort het.