SA ekonome voorspel terugkoopkoers sal onveranderd bly
Ekonome in die buurland voorspel die Suid-Afrikaanse Reserwebank sal die terugkoopkoers onveranderd hou na ‘n aansienlike daling in die verbruikersprys-indeks. Dit volg op die aankondiging oor die inflasiekoers wat verlede maand tot 4,7 persent gedaal het. Die bank se Monetêre Beleidskomitee het op sy laaste vergadering die terugkoopkoers op 8,25 persent gehou te midde van die voortdurende daling van die verbruikersprys-indeks sedert April. ‘n Ekonoom, Bonke Dumisa, sê hierdie neiging kan koerse bestendig hou, terwyl nog ‘n ekonoom, Dale McKinley, waarsku volgehoue koersverhogings kan die middelklas negatief beïnvloed. Die komitee vergader weer op 21 September.