Bruni en McLaren tree uit as Fishrot-kurators
Die twee kurators in die Fishrot-saak, Dave Bruni en Ian McLaren is toegelaat om uit te tree vanuit die saak. Die twee het die hof gevra en regter Orben Sibeya het hul aansoek toegestaan. Die twee het in hul aansoek verlede jaar aangevoer dat hulle nie die bates voldoende kan bestuur nie, eenvoudig as gevolg van die volumes daarvan. Hulle het bygevoeg dat daar te veel burokrasie betrokke was om doeltreffend te werk. Hulle het ook skerp kritiek teenoor die Teenkorrupsie-kommissie uitgespreek oor hoe hy die saak hanteer het. Sibeya het die aanklaer-generaal 60 dae gegee om ‘n nuwe kurator aan te stel maar tot dan, sal die twee steeds in beheer wees.