Gatland wys twee kapteins aan

Die haker Dewi Lake en die flank Jac Morgan sal Wallis op die Wêreldbekertoernooi in Frankryk aanvoer nadat afrigter Warren Gatland hulle as mede-kapteins aangewys is. George North sal in sy vierde Wêreldbekertoernooi speel en Dan Biggar in sy derde. Nóg ‘n insluiting is die senter Johnny Williams wat tydens 2019 se Wêreldbeker in Japan in die hospitaal was nadat testikulêre kanker by hom gediagnoseer is. Gatland het 19 voorspelers en 14 agterspelers gekies in sy groep van 33. Wallis speel op 10 September hul eerste groepswedstryd teen Fidji.