Eienaar van kabelkar in Pakistan gearresteer

Die eienaar van die kabelkarretjie te midde van Dinsdag se drama in Pakistan sal in die hof verskyn na sy inhegtenisneming op aanklagte soos die ingevaarstelling van kosbare lewens en nalatigheid. Ses skoolkinders en twee volwassenes is tydens ‘n gewaagde operasie gered nadat die kabelkar honderde meter bo ‘n skeurkloof vasgekeer is toe ‘n kabel gebreek het. Een van die kinders ly volgens berigte aan ‘n hartkwaal en was vir etlike ure bewusteloos. Die kabelrit word gebruik om ‘n twee-uur-lange rit deur bergagtige terrein tot slegs vier minute te sny.