Zim stem nog vandag na chaos Woensdag
Zimbabwe het die verkiesings met ‘n dag in verskeie dele van die land verleng omdat stembriewe laat afgelewer was by sommige stemlokale terwyl ander eers die briewe ontvang het toe die lokaal moes sluit. President Emmerson Mnangagwa het ‘n dikreet laat Woensdag uitgereik. Kiesers het Woensdag ure gewag om te stem en gesê hulle is honger vir verandering van ekonomiese chaos, maar ontleders is skepties dat die regerende Zanu-PF-party ‘n geloofwaardige verkiesing of enige verslapping van sy wurggreep op mag sou toelaat. Kosmos 94.1 Nuus het Woensdagmiddag met aktivis Setfree Mafukidze gepraat oor die heersende chaos. Hy het gesê dit wil voorkom asof daar pogings vir manipulasie is.