NEFF-betoging oor Amushelelo vreedsaam

Lede van die Namibia Economic Freedom Fighters het vandag ‘n petisie aan die kantoor van die regbank oorhandig waarin hulle eis dat hul partylid en aktivis Michael Amushelelo uit aanhouding vrygelaat word. Amushelelo is in Maart tydens ‘n vreedsame optog deur werklose jeugdiges op Onafhanklikheidsdag in hegtenis geneem. Die oorhandiging aan die regbank se uitvoerende direkteur, Bernard Kukuri, het gepaard gegaan met ‘n vreedsame betoging vanaf Katutura tot by Zoo Park in die hoofstad. Amushelelo se vrou, Julieta, was ook in die groep van sowat 50 betogers.