Rugby: Mapimpi gereed vir All Blacks
Rugby: Die Springbokke sluit Vrydag hul Wêreldbeker-voorbereiding af met ‘n laaste opwarmingswedstryd teen hulle aartsvyand, Nieu-Seeland, op Twickenham. Dit gaan ‘n reuse interne stryd wees, met die Bok-vleuels Makazole Mapimpi, Kurt-Lee Arendse, Cheslin Kolbe en Canan Moodie wat almal meeding vir ‘n plek in die opdrafspan in die Wêreldbekertoernooi. In die wedstryd teen die All Blacks sal Moodie op buitesenter speel, met Mapimpi en Arendse die vleuels. Mapimpi sien uit na die kragmeting op ‘n neutrale veld.