Suide-boere loof Nampol vir sy bystand om sindikaat vas te trek
Die boere in die verre Suide het onlangs deurgeloop onder wat voorgekom het as ‘n sindikaat. Volgens Dolf de Wet van plaas Michberg naby Grünau, was daar baie diefstal en inbrake. Hy sê die gemeenskap was uiters bekommerd maar met die samewerking van die Namibiese polisie op Keetmanshoop en Karasburg, is die misdadigers vasgetrek en hulle was deel van ‘n groep wat vier streke geteister het.
Hy het die reaksie van die Namibiese polisie in die gebied, sowel as die gemeenskap bedank vir harde werk en goeie samewerking.