Huldeblyke stroom in vir Theuns Stofberg

Huldeblyke stroom in vir Theuns Stofberg wat vanoggend oorlede is na ‘n gru-ongeluk Maandagaand aan die buitewyke van Stellenbosch. Die 68-jarige flank en slot het van 1976 tot 1984 21 toetse vir Suid-Afrika gespeel, en 30 punte aangeteken. Hy het ook vir Vrystaat, Noord-Transvaal en Westelike Provinsie gespeel, en die Curriebeker by al drie die spanne verower. Oud-Bok Breyten Paulse sê die sport is in rou.