Graan- en veeboere gemaan om in lyn met droë toestande te boer

Volgens die bekende onafhanklike weerkenner Johan van den Berg het El Nino-ontwikkeling in Mei begin, gaan in Desember sy piek bereik en sal aanwesig wees tot ongeveer April volgende jaar. Van den Berg sê baie min of geen reën word vir ten minste die volgende drie weke verwag. Reën is egter moontlik in die laaste deel van September en Oktober met gemiddelde reën wat vir die twee maande verwag word, maar gemiddelde tot onder-gemiddelde reënval word in die hoofseisoen, van November tot April voorspel. Van den Berg maan in sy Namibiese verslag vir graangebiede in Namibië dat graanboere grondwater moet bewaar en bestuur, en veeboere moet verseker dat veegetalle in lyn is met beskikbare veldproduksie. Van den Berg het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…