Beter koördinering nodig in Noordwes met brande
Die Vryheidsfront Plus doen ‘n beroep op Noordwes se waarnemende premier, Nono Maloyi, om samewerking tussen brandbestrydingsowerhede en plaaslike brandverenigings te verseker ten einde veldbrande te bestry. Die party sê die provinsie worstel met vernietigende brande wat aansienlike omgewingskade aanrig, terwyl vee ook vrek. Die landbousektor ly aansienlike finansiële verliese. Fanie du Toit van die party sê onvoldoende koördinering tussen brandverenigings en owerhede belemmer brandbestrydingspogings, ten spyte van verenigings se beroepe vir gesamentlike beplanning: