Ardie sê daar’s geen so ding soos opwarmingswedstryd tussen All Blacks en Bokke nie

Een van die grootste rugby-tweestryde hervat Vrydag in Londen wanneer die Springbokke en die All Blacks mekaar in ‘n Wêreldbeker-opwarmingswedstryd op Twickenham pak. Dit sal hul tweede ontmoeting vanjaar wees, nadat Nieu-Seeland Suid-Afrika 35-20 geklop het in die Rugbykampioenskap. Dié keer is geen titel op die spel nie, maar die risiko van beserings of skorsings is ‘n wesenlike gevaar. Die All Black-losvoorspeler, Ardie Savea, sê ‘n wedstryd teen die Bokke sal nooit bloot ‘n opwarmingswedstryd wees nie: