Vreedsame betoging by Brics-beraad oor Russies-Oekraïnse oorlog
Drie organisasies hou ‘n vreedsame betoging by die Brics-beraad in Johannesburg. Amnestie Internasionaal, die Oekraïnse Vereniging van Suid-Afrika en die Helen Suzman-stigting wil hê die Russies-Oekraïnse oorlog moet tot ‘n einde kom. Amnestie Internasionaal in Suid-Afrika se woordvoerder, Genevieve Quintal, het gesê die betoging poog om die Brics-leiers se aandag op die dringende behoefte aan vrede te vestig, aangesien die konflik steeds lewens beïnvloed en bestendigheid ontwrig.