Ecuador staak olie-eksplorasie in Amasone
Ecuador het in ‘n referendum ten gunste daarvan gestem om olie-eksplorasie in die beskermde gebied van die Amasone te staak. Die besluit beteken dat die staatsbeheerde oliemaatskappy sy bedrywighede in ‘n deel van die Yasuni Nasionale Park sal moet staak. Die park is die tuiste van die wêreld se laaste oorblywende inheemse bevolkings en is deel van die reënwoud. Twaalf persent van Ecuador se bykans half miljoen vate olie wat daagliks ontgin word, is afkomstig van dié gebied.