China steun SA se beleggingsveldtog
President Cyril Ramaphosa het China se steun aan die land se beleggingsveldtog, om die ekonomie te verbeter, verwelkom. Tydens die staatsbesoek van die Chinese President, Xi Jinping, het Ramaphosa die belangrikheid benadruk van ‘n omvattende en strategiese vennootskap tussen die twee lande. Hy het ook die noodsaaklikheid beklemtoon van wedersydse steun en samewerking. Suid-Afrika en China werk doelgerig om handelsbande te versterk. Ramaphosa sê Suid-Afrika sal ook voortgaan met hoëvlak-samewerking met China in verskeie ander sektore.