Taakspan ontmoet met Santaco in Wes-Kaap

Die Wes-Kaapse minibustaxi-taakspan vergader vandag ná die Hooggeregshof-beslissing oor die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad se interdik-aansoek. Die hof het Vrydag Santaco se aansoek verwerp, om die skut van minibustaxi’s te stop. Die bepalings van die taxi-ooreenkoms wat die gewelddadige betoging beëindig het, is ‘n hofbevel gemaak. Die Wes-Kaapse LUR vir Mobiliteit, Ricardo Mackenzie, sê hy sien uit na opbouende besprekings met Santaco: