Luna-25 stort op die maan neer
Luna-25, Rusland se eerste maansending in byna 50 jaar, het op die maan neergestort ná ‘n voorval tydens voorlandingsbewegings. Die Russiese ruimte agentskap Roscosmos het dit bevestig na kommunikasie met die tuig verloor is. Die ruimte-agentskap het gesê ‘n ondersoek sal van stapel gestuur word sonder om enige aanduiding te gee van watter tegniese probleme moontlik voorgekom het. Met Luna-25 het Moskou gehoop om voort te bou op die nalatenskap van sy Sowjet-era Luna-program, wat ‘n terugkeer na onafhanklike maanverkenning insluit.