Sindikaatlid met 153 iPhones in Jhb-middestad gevind
Die Gautengse polisie stel ondersoek in na ‘n selfoonroofsindikaat in Johannesburg na ‘n 25-jarige man aangekeer is vir die besit van 153 iPhone-selfone in ‘n woonstel in die middestad. Die Johannesburgse Metropolisie se geheime reaksie-eenheid het ‘n klagte ontvang oor ‘n eienaar wie se iPhone in ‘n gewapende roof gesteel is. Die woordvoerder van die Metropolisie in Johannesburg, Xolani Fihla, sê die selfoon se opsporingstoestel het ‘n sein vanuit die Johannesburgse middestad gestuur: