Rugby: Springbokke mik na derde agtereenvolgende sege op Cardiff

Rugby: Die Springbokke mik na ʼn derde agtereenvolgende oorwinning in Cardiff wanneer hulle vandag in ʼn opwarmingswedstryd vir die Wêreldbeker teen Wallis speel. Suid-Afrika het die Rooi Drake in hulle vorige twee kragmetings geklop na vier agtereenvolgende nederlae. Wallis lek dalk nog hulle wonde na hul nederlaag teen die Bokke in die halfeindstryd van die Wêreldbeker in Japan vier jaar gelede, toe Suid-Afrika uiteindelik die titel ingepalm het. Suid-Afrika is tans in die vierde plek op die wêreldranglys. Afskop in die Principality-stadion is om 4:15 vanmiddag.