Botha: Dis nou die tyd om kripto te koop
Reaksie is ontvang oor die kripto-geldeenheid Bitcoin wat vandag ‘n nuwe laagtepunt van twee maande bereik het met ‘n reuse-daling van 7,2 persent wat Donderdag aangeteken is, Dit is die grootse daling sedert November 2022. Markte is getref deur ‘n vlaag verkope, met Wall Street se hoof-indekse wat Donderdag laer gesluit het en Asiatiese aandele op pad na ‘n derde week van verliese, weens kommer oor China se ekonomie en vrese dat Amerikaanse rentekoerse vir langer hoër sal bly gegewe ‘n veerkragtige ekonomie. Sommige ontleders het kripto se daling toegeskryf aan ‘n Wall Street Journal-verslag dat Elon Musk se SpaceX sy Bitcoin-bates verkoop het. Kosmos 94.1 Nuus het met Coenie Botha, die uitvoerende hoof van CBI Exchange Namibia, gesels wat sê dit is nou die tyd om kripto te koop…