Eenheid tussen SAPD, korrektiewe dienste en regbank nodig
Die buurland se Polisie- en Gevangenisse-vakbond Popcru doen ‘n beroep op die strafreg-groepering om aandag te skenk aan sy gebrekkige strukture om misdaadsake te hanteer. Popcru se woordvoerder, Richard Mamabolo, sê daar is ‘n behoefte om eenheid tussen die departement van korrektiewe dienste, die polisie en die regbank te bewerkstellig. Hy sê die SAPD is verantwoordelik vir inhegtenisnemings, die regbank vir skuldigbevindings en vervolgings, en korrektiewe dienste moet tronkstraf hanteer.