LPM: Is watersanitasie in Karas ‘n verkiesingsfoefie?
Die Landless Peoples Movement het sy reaksie gegee oor die kabinet wat opdrag aan die ministerie van landbou gegee het om watersanitasie te verbeter vir gemeenskappe langs die Oranjerivier en die Karas-streek in die algemeen. Die hoof van die Menseregte-afdeling van die LPM, Joyce Muzengua het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor of hierdie ontwikkeling as gevolg van die groenwaterstof-projek is of bloot net ‘n verkiesingsfoefie…