Rugby: Farrell-sage beskryf as ‘n sirkus

Rugby: Engeland se afrigter, Steve Borthwick, het sy kaptein, Owen Farrell onttrek aan môre se Wêreldbeker-opwarmings-wedstryd teen Ierland in Dublin na die omstredenheid oor sy rooikaart in verlede naweek se wedstryd teen Wallis. Die losskakel se rooikaart vir ʼn stywe arm teen ‘n teenstander se kop is gekanselleer voor Wêreldrugby Donderdag teen die besluit geappelleer het. Volgens Borthwick is Farrell se voorbereidings ontwrig deur persoonlike aanvalle en dit is teleurstellend. Farrell se pa, Andy, wat Ierland afrig, is omgekrap oor die kommentaar op sy seun en beskryf dit as ʼn sirkus.