Skerp daling in bouplanne, nog waarskuwingsligte vir konskruksie

Die jongste bouplanne vir die hoofstad het op ‘n jaargrondslag met amper 74 persent gedaal, volgens die syfers wat vir Julie bekend gemaak is. Die makelaarsfirma Simonis Storm sê vraag in die konstruksiesektor is op die oomblik baie laag wat moontlik aangedryf word deur die hoër rentekoers. Wanneer die sektor swak presteer is dit ‘n uiters negatiewe aanwyser omdat die sektor ongeskoolde arbeid inneem en die syfers van 2018 toon dat net meer as 4 000 werkgewers, net minder as 34 000 mense in diens het. Terwyl daar redelik baie projekte in beplanning is, is kompetisie deur buitelandse maatskappye baie hoog en dit sal die sektor onder druk hou.