Groot verligting met Saoedi se opheffing van verbod op SA-vleis

Die Suid-Afrikaanse landboudepartement het die Saoedi-Arabiese regering se opheffing van ‘n verbod op die invoer van vleis uit Suid-Afrika verwelkom. Dié land se voedsel-en-dwelmowerheid het gister gesê hy sal die verbod ophef wat in 2002 teen die invoer van vleis- en rooivleis-produkte ingestel is. Saoedi-Arabië het in Junie suksesvolle inspeksies by Suid-Afrikaanse slagpale en voedingskrale uitgevoer. Minister Thoko Didiza sê dit getuig van die veiligheid van Suid-Afrikaanse beesvleis, van voldoende biosekuriteit en die stand van nakoming by slagpale en voerkrale.