Sonkrag-projek van Orano-ontsoutingsaanleg begin
Grondwerke van die sonkrag-projek vir die Orano-ontsoutingsaanleg in die Erongo-streek het afgeskop. InnoSun Energy Holding het bouwerk aan die sonkragplaas by die Trekkopje-myn begin. Die fasiliteit sal die Franse groep Orano se ontsoutings-aanleg met krag voorsien. InnoSun wil sy geïnstalleerde kapasiteit in Namibië vergroot en het ‘n jaar gelede ‘n tien jaar kragkoop-ooreenkoms met Orano onderteken vir ‘n vyf megawatt sonkrag-aanleg, wat ook sy ontsoutings-aanleg by Wlotzkasbaken sal aandryf. Die woordvoerder van die Orano-groep Christine de Klerk het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…