Rugby: Rose-kaptein kan deel van Wêreldbeker misloop
Rugby: Engeland se kaptein, Owen Farrrell, kan steeds ʼn gedeelte van die Wêreldbeker-toernooi misloop. Dit volg nadat Wêreldrugby geappelleer het teen die besluit van ‘n dissiplinêre paneel van die Ses-nasies om die rooikaart te kanselleer wat hy verlede week gekry het gedurende die opwarmings-wedstryd teen Wallis. Hy is met ʼn geelkaart afgestuur vir sy kenmerkende lakwerk met ʼn stywe arm en die hersieningsbeampte vir vuilspel het dit na ʼn rooie verander. Volgens Wêreldrugby sal ʼn onafhanklike appèlkomitee aangestel word om so spoedig moontlik aan die saak aandag te gee.