SA-koalisie reeds haaks oor naam van bespreking

Sewe Suid-Afrikaanse opposisiepartye wat aan die droompakt-besprekings deelneem, het die naam van die konvensie verander na die Veelparty-Handves vir Suid-Afrika. Die leier van die DA, John Steenhuisen, het die oorspronklike naam in April aangekondig op die party se federale kongres. Die konvensie se sameroeper, William Gumede, sê die naam het onenigheid veroorsaak omdat baie van die partye ‘n naam wou hê waarmee almal kon vereenselwig:  

TERUG: Die vergadering eindig vandag in Kemptonpark, Gauteng.